Blessings Animal Shelter

Call Directions

Blessings Animal Shelter Animal Shelter where our main aim is to protect all animals with the assistance of the community.

26/10/2026
❤️🐾 ’N HARTLIKE DANKIE AAN MARINA VAN TEKKIE TOWN! 🐾❤️Blessings Animal Shelter wil uit ons harte vir Marina van Tekkie T...
24/10/2026

❤️🐾 ’N HARTLIKE DANKIE AAN MARINA VAN TEKKIE TOWN! 🐾❤️

Blessings Animal Shelter wil uit ons harte vir Marina van Tekkie Town dankie sê vir die wonderlike skenkings aan ons shelter. ❤️

Die Here stuur soms spesiale mense en ondernemings oor ons pad om lig, hoop en nuwe moed te bring. 🙏🏻✨

Elke skenking maak ’n verskil in die lewens van die diere wat van ons afhanklik is. Dit help ons om aan te hou droom en bou aan ’n beter toekoms vir elke diertjie wat ons sorg en liefde nodig het.

Marina, dankie dat jy en Tekkie Town deel is van ons pad. Julle goedhartigheid herinner ons dat ons nie alleen staan in hierdie groot taak nie. 🐶🐱❤️

Mag die Here julle ryklik seën vir die liefde en omgee wat julle aan ons en ons diere betoon.

Van almal by Blessings Animal Shelter: Baie, baie dankie! ❤️🙏🏻

Dankie Duane en Lezandri vir die kos skenking ons waardeer julle🤗🌸
22/10/2026

Dankie Duane en Lezandri vir die kos skenking ons waardeer julle🤗🌸

Dankie Franci en Patches vir die skenking en julle kuiertjie, ons waardeer julle🤗
15/10/2026

Dankie Franci en Patches vir die skenking en julle kuiertjie, ons waardeer julle🤗

Dankie Rapha Foundation vir die kos skenking ons waardeer julle🤗
15/10/2026

Dankie Rapha Foundation vir die kos skenking ons waardeer julle🤗

⚠️ **Hierdie plasing is nie vir sensitiewe kykers nie.** ⚠️Baie vroeg  het ons ’n oproep ontvang oor ’n kat wat voor ’n ...
15/10/2026

⚠️ **Hierdie plasing is nie vir sensitiewe kykers nie.** ⚠️

Baie vroeg het ons ’n oproep ontvang oor ’n kat wat voor ’n besigheid gekry is. Die mense was baie bekommerd en het gedink dit lyk asof hy dalk raakgery is.

Hulle het hom dadelik na ons toe gebring, en ons het hom sonder versuim veearts toe geneem vir verdere ondersoek.

Ongelukkig het die veearts bevestig dat sy toestand baie erger was as wat ons aanvanklik besef het. Sy vel was oop en die wond was so ernstig dat die wurms reeds daar uitgekom het en die skade baie groot was.

Na deeglike oorweging en om verdere lyding te voorkom, was die beste en sagste besluit om hom te laat gaan. 💔

Ons wil net baie dankie sê aan die mense wat hom gevind het en nie net verby hom geloop het nie. Dankie dat julle hom ingebring het en hom ’n kans gegee het om hulp te kry.

Al kon ons hom nie red nie, het hy nie alleen gely nie. Hy het liefde en sorg gekry in sy laaste oomblikke. 🌈🐾

Address

5 Alma Road
Welkom
9459

Telephone

+27714034876

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Blessings Animal Shelter posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category