10/05/2026
‘n Groot dankie vir almal se belangstelling, spesiaal vir ons vriende, telers en belangstellendes wat die afgelope week deel geneem het aan die WhatsApp-veiling.
Dit was maar vir ons almal ‘n leer kurwe!
Jul ondersteuning is ‘n integrale deel van vanjaar se sukses. Baie dankie vir die lojaliteit en die voortgesette ondersteuning – dit bly ‘n voorreg om ons passie vir die Bonsmara ras uit te leef en goeie genetika te teel.
Ons glo die volgende veiling sal kan terugkeer na die normale manier van veiling-hou.