03/06/2026
Dit het onder my aandag gekom dat daar n spesifieke parrot groomer is wat nou uitgaan en my en ander groomers sleg maak. Die persoon maak ons sleg om mense te oorreed om eerder van haar dienste gebruik te maak. Die wat oorstap na haar toe, asb bly by haar.
Ek sal graag net wil fokus op my lojale customers.
Dan wil ek asb vra, Brakpan /JHB/Kempton Park mense wat nie meer van my dienste gebruik maak nie, sal julle asb my in kennis stel sodat ek jul van my broadcast groepe kan afhaal. Whatsapp het verander en mens moet nou betaal vir elke persoon wat jou boodskap ontvang vanaf broadcast groepe. So asb laatweet wie ek moet afhaal.
Van volgende jaar af sal Brakpan groom datums verminder word omrede ander mense daar groom ook en dit nie meer die moeite werd is om so gereeld Brakpan toe te gaan nie.
Dankie vir al die customers wat jaar in en jaar uit by my bly.
Die wat spesiaal afvat by hul werke om seker te maak hul papegaaie word deur my gegroom. Dankie aan elkeen wat hulle vertroue in ons sit wat al jare lank grooming doen.
Ek waardeer julle vreeslik! 🦜🦋