PotchVet Care

Directions Website Contact the business

PotchVet Care Dieregesondheid gefokus op kleindiere. Konsultasie/Bloed-analise/Chirurgie/Radiologie/Ultraklank fasiliteite beskikbaar. Bel asbseblief vir n afspraak.

Instap kliënte welkom, maar noodgevalle en afsprake sal voorkeur geniet. Tel: 081 078 1452

🐾 ń Warm welkom aan Dr. Edward !🐾Ons is baie opgewonde om Dr. Edward by ons span te verwelkom !🎉 Hy sal saam met Dr. Lis...
15/10/2026

🐾 ń Warm welkom aan Dr. Edward !🐾

Ons is baie opgewonde om Dr. Edward by ons span te verwelkom !🎉 Hy sal saam met Dr. Lisel werk om ons geliefde diere die beste moontlike sorg en liefde te gee 🐕🐈

Ons sien uit na die nuwe hoofstuk, die samewerking en al die diere wat ons saam gaan help en versorg. 🐾

❗️Vergiftiging❗️Die afgelope tyd was daar gevalle van Rot-en Slakgif vergiftiging. Moet nie enige gif plaas waar dit ber...
14/10/2026

❗️Vergiftiging❗️

Die afgelope tyd was daar gevalle van Rot-en Slakgif vergiftiging. Moet nie enige gif plaas waar dit bereikbaar is vir jou troeteldiere nie.

Kontak jou veearts onmiddelik as enige simptome verskyn. 🐾

ń Klein by, ń groot reaksie !🐝🐾- Van ń geswelde gesiggie tot ń gelukkiger hondjie. Avo het ń nare verrassing gekry toe h...
13/10/2026

ń Klein by, ń groot reaksie !🐝🐾
- Van ń geswelde gesiggie tot ń gelukkiger hondjie.

Avo het ń nare verrassing gekry toe hy met ń by wou maatjies wees !🐶
Gelukkig is daar altyd liefde en goeie sorg om daardie stertswaai weer terug te bring.

Onthou, ń bysteek kan soms ernstige allergiese reaksies veroorsaak. As jou troeteldier se gesig swel of sukkel om asem te haal, kontak jou veearts ! 🐾

11/10/2026
Martini se herstelreis!Klein Martini het onlangs by ons aangekom met ’n bytwond aan die stert wat ongelukkig toe 'n pynl...
06/10/2026

Martini se herstelreis!

Klein Martini het onlangs by ons aangekom met ’n bytwond aan die stert wat ongelukkig toe 'n pynlike abses geword het. ’n Abses kan baie ongemaklik wees en vereis behoorlike behandeling om te verseker dat die infeksie nie verder versprei nie.

Ons span het Martini se abses behandel en haar die nodige sorg en aandag gegee om haar weer op die pad na herstel te kry. 🩺

Ons is bly om te kan sê dat hierdie dapper klein katjie nou mooi herstel het!🐾

Onthou: As jou troeteldier ’n swelling, wond, pyn of enige ander abnormale verandering toon, moet dit nie geïgnoreer word nie. Kontak jou veearts vir die nodige behandeling.

28/09/2026

🐾 WERKSGELEENTHEID BY POTCHVET CARE! 🐾

📢 ONTVANGSPOS BESKIKBAAR

Potchvet Care het tans ’n ontvangspos beskikbaar.

Ons is op soek na ’n vriendelike, professionele en betroubare persoon wat goed met mense kan werk en deel van ons span wil wees. 🐶🐱

📍 Potchvet Care – Potchefstroom

📧 Stuur jou CV na:
[email protected]

✨ Is jy die regte persoon vir die pos? Stuur vandag nog jou CV!

Wollie se ore is weer op die regte pad! Wollie het by ons aangekom met ’n otohematoom. Na die nodige behandeling en baie...
17/09/2026

Wollie se ore is weer op die regte pad!

Wollie het by ons aangekom met ’n otohematoom. Na die nodige behandeling en baie goeie sorg het Wollie goed herstel! 🐶 Sy oortjie lyk sommer weer baie beter en dit is altyd vir ons ’n groot vreugde om te sien hoe ons pasiënte van ’n ongemaklike toestand terugkeer na hul gelukkige, normale self.

Chester het bietjie kom inkopies doen! 🐶Hy kon natuurlik nie ons winkel verlaat sonder sy nuwe Alpaca vriend nie! Kyk ne...
03/09/2026

Chester het bietjie kom inkopies doen! 🐶

Hy kon natuurlik nie ons winkel verlaat sonder sy nuwe Alpaca vriend nie! Kyk net hoe trots is hy op sy nuwe speelding! 🦙

Het jou woef ook ’n nuwe speelmaat nodig? 🐾
Ons het ’n verskeidenheid oulike en lekker speelgoed beskikbaar. Kom loer gerus in en kies vir jou viervoetige vriend iets spesiaals! 🛍️

Chester keur dit goed! ✅

Die warmer dae is oppad! ☀️🐾Soos die temperature begin styg, begin bosluise en vlooie ook weer hul verskyning maak. Moen...
26/08/2026

Die warmer dae is oppad! ☀️🐾

Soos die temperature begin styg, begin bosluise en vlooie ook weer hul verskyning maak.

Moenie wag totdat jou troeteldier begin krap of jy ’n bosluis sien nie, voorkoming is beter as genesing! Maak seker jou hond of kat se bosluis en vlooibehandeling is op datum. 🐶🐱

Bosluis en vlooibesmettings kan meer as net ’n irritasie wees en kan jou troeteldier se gesondheid ernstig beïnvloed.

Wees wakker, wees voorbereid en beskerm jou troeteldiere hierdie warmer seisoen! 🐾🌱

Address

5 Palmiet Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when PotchVet Care posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to PotchVet Care:

Shortcuts

Share

Category