Doggy Divas

Doggy Divas Doggy Divas started out as a dog clothing line but now we are caring for +/- 20 stray cats and rescue the babies as we go

04/02/2024

Mense kyk na jou en hulle lag saggies as hulle jou sien met die katte praat asof hulle jou verstaan. Hulle lag saggies as hulle jou sien die katte name gee en as hulle jou sien daai name gebruik vir die katte..

Maar wat hulle nie sien nie is as jy op jou tande moet byt en jou trane moet sluk as jy daai katjie wat jy as baba gedoop het, se lewelose liggaampie moet gaan haal omdat jy outomaties opkom as enige seer, siek of dooie kat se 'next of kin'. Daai katjie saam wie jy maande ń pad gestap het, wie jy gedoop het as baba, wie se vertroue jy kon wen sodat jy haar selfs kon optel .. het nou net nog ń grond kolletjie in jou jaard geword.

Mense sê so maklik 'net nie nog ń kat nie'.. maar daai 'net nog ń kat' is as kleine baba net verlede week by jou kolonie gedump en is gedreig om seer gemaak te word omdat hy nie daar hoort nie. Om net nog ń lewelose lyk te voorkom, word daai net nog ń kat huis toe gevat en onophoudelik geplaas vir aanneming maar met geen sukses... so wat maak jy dan?

Soms vind jy jouself op moedverlore se vlakte.. want behalwe vir die lewelose katjie in jou kar wat begrawe moet word, en die 'net nog ń katjie' in jou spaarkamer wat niemand wil aanneem nie.. is daar ook die een in jou badkamer wat ernstig beseer is in sy kolonie wat tans die veearts (wat 37km weg is) twee keer per week moet sien om verbande te ruil, wat dan ook met tye seker op sy manier wil help.. en sommer die verbande self heeltemal afhaal.. dan het jy die oumatjie in die kolonie wie se sig en gehoor elke dag verswak en wat weg hardloop as sy jou sien omdat sy self nie verstaan wat besig is om met haar te gebeur nie.. jy weet sy sal haar laaste dae in ń huis moet deurbring waar sy veilig sal wees maar waar om daardie huis te kry.. terselfde tyd moet jy alweer reg maak vir ń laat-aand, een-man trap sessie die week sodat hulle gesteri kan word die volgende dag by ń ander veearts wat die keer sommer 70km ver is..

Soms wil jy opgee want dit is alles so oorweldigend maar jy kan nie.. want jy is hulle enigste 'next of kin' wanneer dit werklik saak maak..

Dit klink dalk soos ń klaaglied maar dis net ń klein loer agter die skerms van die mense vir wie daar so dikwels gegiggel word.

Aan die mense wat hulle harte oopmaak vir katte, veral die feral babas, veral mense soos Feralwatch Tnr, Nicolette van Zyl, Madelize van Zyl, Heidi van Zyl.. I salute you ❤️

Al voel ek vandag oorweldig deur al die uitdagings soos hier bo genoem.. ek sal my kolonie vir niks verruil nie ❤️

28/01/2024
Beautiful teenage girl is urgently looking for her forever home. She will be sterilized before moving in with her new fa...
08/06/2023

Beautiful teenage girl is urgently looking for her forever home. She will be sterilized before moving in with her new family. *No adoption fee* but application do apply. Please Whatsapp Heidi at 0828751106 🐱🐱🐱

Having a caring heart is much harder than most realize..
01/02/2021

Having a caring heart is much harder than most realize..

07/11/2020

Have you noticed that your cat has a saggy belly? Kitty hasn't eaten too many treats; it's actually a normal part of your cat's anatomy! The technical term for this belly flap, which can often be seen swaying from side to side when a cat moves, is called the primordial pouch.

This loose skin and padding at the belly provides extra protection for the abdominal area during fights when “bunny kicking” with their hind legs. It insulates and protects internal organs and allows a cat to store extra food in its belly. (Important for our ferals who sometimes go days without eating.) It also allows a cat freedom of movement to fully stretch and extend the back legs when running at high speed or jumping.

Some people believe that spaying or neutering causes this primordial pouch. This is a myth. All felines, regardless of their size, shape, or s*x have this extra flap of skin (including lions and tigers). Even cats who lose weight due to diet or illness still have these belly flaps.

(Many thanks to My Feral Fix for sharing this information!)

Address

Iswepe
Piet Retief
2382

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doggy Divas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category