20/01/2026
"Rustplaas Dog Shelter:
RDS is nie teen euthanasia (genadedood) nie. Maar ons laat euthanise net wanneer dit absoluut nodig is. Bv. in gevalle van kanker, ernstige beserings en waar n hond ly wanneer hy/sy lewend gehou word.
RDS "wharehouse" ook nie honde nie, want ons hou nie honde in hokke nie. Dit is onmenslik.
RDS laat alle tewe wat inkom dadelik steriliseer, en help die publiek om hul diere te laat steriliseer met die Steri Shuttle.
RDS laat op hierdie nie honde aanneem nie omdat hulle uit traumatiesse omstandighede gered was en dit hulle weer sal traumatiseer as hulle weggaan. (En ons is lief vir elke hond hier 🤦🏼♂️🤗). Dit bring egter n ander uitdaging. Die honde wat RDS inneem en rahabilliteer bly by RDS vir die res van hul lewens. Dit het tot gevolg dat die aantal honde wat deur RDS versorg word, meer word. Dit het groot finansiële komplikasies tot gevolg. Die kostes om 90 honde kos te gee en te versorg is baie hoog.
Daarom wil ek weer n beroep doen op mense om RDS te ondersteun asb. Met hondekos of met finansiële donasies.
Ons is baie dankbaar vir die mense wat wel maandeliks donasies gee, en die wat van tyd tot tyd hondekos skenk, en vir die wat van tyd tot tyd n helpende hand uitsteek en RDS help met die betaling van veeartsrekenige. Dit het ons al menige kere uit n penarie gered. Baie dankie.
Sonder hulp sal ons noodgedwonge euthenasia moet begin oorweeg om kostes en uitgawes te verminder. Iets wat ons nie graag wil doen nie.
Ons sal dalk ook aannemings moet oorweeg, maar dit stel honde weer bloot aan moontlike mishandeling, verwaarlosing, en geen liefde. Ons sal egter moet kyk daarna.
Uit ondervinding het ons ook al geleer dat baie van die honde wat deur ons uit mishandeling, haglike omstandighede, en ander traumatiese omstandighede gered was, en hier weer liefde en omgee en vryheid ervaar het, nie aanpas by ander eienaars, omstandighedr en huise nie.
Met hulp en donasies in gedagte, wil ek noem, dat ons op een of ander manier n standhoudende manier van hulp moet verkry. Dit kom neer op gereelde vaste maandelikse hulp. Bv. n vaste maandelikse finansiële debiet order inbetaling in die RDS rekening, of gereelde maandelikse voorsiening van hondekos. Bv. n vaste reëling met TWK ens.
Baie dankie aan diegene wat dit reeds doen. Ons waardeer dit opreg. Enige voorstelle om RDS se honde te help is welkom. Baie dankie. Ek bid die seën van die Here oor elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus Almagtig."
- Louis Fourie Snr (CEO / Director of Rustplaas Dog Shelter)