White Wools Dohne Merino Stud

White Wools Dohne Merino Stud White Wools Dohne Merino breeds dual purpose Dohne Merinos with superior quality White Wool. Production sale in February every year. Stud rams at Nationals

’n Groot week vir ons!Hierdie week is ’n belangrike mylpaal vir ons en vir die Dohne-bedryf. Vir die eerste keer is inge...
09/03/2026

’n Groot week vir ons!

Hierdie week is ’n belangrike mylpaal vir ons en vir die Dohne-bedryf. Vir die eerste keer is ingevoerde saad uit Australië by Dohne Merinos gebruik.

Die ram is Calga Dohnes CA23:0065. Sy teelwaardes plaas hom in die top 5% van alle Dohnes in Australië, en volgens hand en oog was hy die Algehele Kampioen ram by die Bendigo Skou 2024.

White Wools Dohnes en Stormberg Dohnes het hande gevat met die doel om te kyk of dit nie waardevol kan wees om van hierdie genetika terug te bring na Suid-Afrika nie.

Baie dankie aan GeneCo Repro wat die embrio’s gespoel het, en Ramsem wat hulle hierdie week suksesvol ingeplant het.

Daar heers groot opgewondenheid — ons sien uit om te kyk wat hierdie genetika vir die toekoms van ons stoete en die Dohne-bedryf kan beteken.

23/02/2026

Die dubbeldoelige wonder, die Dohne Merino, produseer lammers wat bekend staan vir hul indrukwekkende vroeë groeitempo. Hul gemiddelde daaglikse toename oortref dikwels dié van ander vleisskaaprasse. Dit maak hulle ideaal vir effektiewe vleisproduksie onder verskeie omstandighede.

📅 Hou die Datum oop!

Kom kuier saam met die Plaas Media-span en Dohne Merino SA vir die Dohne Merino Wêreldkongres van 18 tot 24 Oktober 2026 in Kaapstad. Hierdie is nie net ’n internasionale byeenkoms waar jy meer oor Dohne Merino-produksie in ander lande kan leer nie, maar ons vier ook 60 jaar van die Dohne Merino Skaaptelersgenootskap van Suid-Afrika.

Dohne Merino BKB Plaas Media

Ses jaar gelede het ons ’n besluit geneem:ons boer nie met “mooi” ooie nie — net met dié wat geld maak.Ons het moue opge...
16/02/2026

Ses jaar gelede het ons ’n besluit geneem:
ons boer nie met “mooi” ooie nie — net met dié wat geld maak.
Ons het moue opgerol en mooigeid herdefinieer:
👉 die ooi wat die meeste wins genereer.
Elke 8 maande: • weeg ons elke stoetooie se vag en neem mikrons
• weeg ons die ooi wanneer sy speen
• weeg ons elke lam wat sy grootmaak
Op die ou einde weet ons presies: hoeveel geld het elke ooi gemaak.
Ons kyk ook:
✔ bly haar mikron stabiel wanneer sy nie ’n lam dra nie
✔ haar reproduksie
✔ veselkwaliteit
✔ doeltreffendheid
Elke ooi word bestudeer.
As sy nie konsekwent presteer nie, is sy nie ’n stoetooi nie.
Hierdie jaar voel dit vir die eerste keer of die data en die diere perfek bymekaar kom — op ’n manier wat kopers met vertroue kan gebruik.
LOT 2 was ’n bielie van ’n ram. Ja, hy vang die oog — maar sy ware waarde lê in sy ma.
Sy was een van ons heel bestes en het uitgestaan in:
• Reproduksie
• Veselprestasie
• Doeltreffendheid
Dit is met ’n geruste hart dat ons haar seun beskikbaar gestel het.

Ek wil net duisend dankies vir almal sê wat die dag saam met ons gekuier het.

Dit was voorwaar een vir die boeke.
Dankie vir elkeen van julle wat glo in wat ons doen.
Dis net die begin.

Lot 1 op die veiling die 11de Februarie. Sien uit om die ou in die ring te sien!
03/02/2026

Lot 1 op die veiling die 11de Februarie. Sien uit om die ou in die ring te sien!

15/01/2026

Address

Molteno
5500

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when White Wools Dohne Merino Stud posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category