05/09/2026
Vanaand wil ons ’n baie spesiale dogtertjie in die kollig sit.
Cimoné Mienie van Laerskool CR Swart het van haar eie sakgeld gebruik om katkos vir ons katte te koop.
Cimoné, jy kon jou geld op soveel ander dinge spandeer het… maar jy het gekies om dit te gebruik om diere wat niks vir jou kan teruggee nie, te help.
Ons is ongelooflik trots op jou en baie dankbaar vir jou groot, sagte hart.
Mag jy altyd onthou: Jy hoef nie groot te wees om ’n groot verskil te maak nie.
Baie, dankie, Cimoné!
Jy is werklik spesiaal.