Romano’s Yorkies

Romano’s Yorkies Traditional and exotic Yorkshire Terriers bred with love. Imported and Champion bloodlines.

Luealla en Lazlo was my laaste 2 babas wat hulle aangesluit het by Aniska en Nico wat nou spog met 5 van Romano’s Yorkie...
14/06/2025

Luealla en Lazlo was my laaste 2 babas wat hulle aangesluit het by Aniska en Nico wat nou spog met 5 van Romano’s Yorkies se liefie kinders. Die ouma tree nou af uit die teelbedryf en gaan nou lekker kuier en speel met Alaric 4 jr en J Lee 1.5jr my 2 pienkvoet kleinkinders.
Baie dankie aan almal wat my getrou ondersteun het en my naam hoog gehou het, dankie vir die geloof wat julle in my gehad het. Ek is dankbaar ek kon n klomp mense help. Spam my asb met fotos

Die slimste mooiste ou poppie wat vir ure so plat op haar alie kan sit en die wêreld bekyk, ouma se meerkat pop
09/06/2025

Die slimste mooiste ou poppie wat vir ure so plat op haar alie kan sit en die wêreld bekyk, ouma se meerkat pop

16/01/2025

Soos meeste van my kliente en vriende reeds weet sal ek die jaar my laaste 2 Yorkie werpsels hê dan tree ek totaal uit die teelwêreld uit om meer tyd saam ons kleinkinders te kan geniet. Ek is reeds uitgeboek op my 2 mammas se babas, ek hoop regtig ek sal almal kan help. Ek het in my tyd as teler waarlik goeie hegte vriendskaps bande gevorm..mense vir wie ek bitter lief geword het en baie na aan my hart is. Baie dankie vir die vetroue wat julle in my gehad en en steeds het ek waardeer regtig baie. Ek sal nogsteeds daar wees vir hulp en bystand met ons 4voete. Dan n seer punt soos almal weet het elke liewe baba by my huis verlaat met n wetlike kontrak dat geen baba/adult ooit verkoop of rehome mag word sonder my goedkeuring nie, ek sal nie skroom om wetlike stappe te neem as my kontrak verbreek word nie, as jy nie meer na n baba/adult kan omsien of versorg nie moet hy/sy terugkom na my toe waar ek n liefdevolle nuwe huisie sal soek, my rede daarvoor is juis om te verhoed dat hulle by SPCA opeindig of op straat beland of selfs by mense wat wil teel en/of hoktelers sodoende nie weet wat hulle doen nie. Daar is net te veel Yorkies wat deesdae nie meer op standaard is nie agv verkeerde dekkings, as ek soms so op fb kyk en ek sien Yorkies wat soos jakkalsies lyk skree my binneste van groot pyn...dan wonder ek waar gaan die ras opeindig......Daar is slegs n paar puik telers wat ek vertrou wat ek altyd sal aanbeveel en sou iemand later n baba soek is julle welkom om my te kontak waar ek met liefde sal help. Wees uiters versigtig vir scammers daar is n klomp van hulle.

Quiana het lekker gekuier by ouma vir 3 weke terwyl mamma bietjie oorsee gekuier het, nog 2 slapies dan kom mamma haar h...
06/01/2025

Quiana het lekker gekuier by ouma vir 3 weke terwyl mamma bietjie oorsee gekuier het, nog 2 slapies dan kom mamma haar haal. Ek d**k mamma het meer verlang as Quiana

04/12/2024

As n Yorkie d**k sy is n kat dis net verby dierbaar. Chazay jy is vrek oulik ouma se blompot

Ons laaste ou babie Rasti verruil sy ouma se huis vandag vir pappa Shane.  Ouma gaan vir jou erg mis jy is so rustige ou...
03/12/2024

Ons laaste ou babie Rasti verruil sy ouma se huis vandag vir pappa Shane. Ouma gaan vir jou erg mis jy is so rustige ou soet seuntjie, ek weet sommer jy gaan lekker bly by die see in Sodwana

03/12/2024

Dis so lekker om sulke mooi boodskappe te kry... baie dankie Stella ek waardeer diep uit my hart uit

Marlene

Ek wil jou van harte bedank vir my pragtige klein poppie, Lady Giselle. ,Sy het onmiddellik my hart gesteel. Elke week het ek foto’s en video’s van haar groei, ontvang, en dit het my gevul met soveel vreugde en opgewondenheid.

Toe ek haar gisteroggend vir die eerste keer vashou, moes ek hard sluk om die trane te keer. Haar soentjie het my hart gesmelt, en ek moes harder sluk om die trane te keer. Jou passie en omgee vir jou diere is duidelik, en ek waardeer hoe rustig en gelukkig hulle almal is in jou huis.

Dankie vir die sak speelgoed, bersies, slaapbedjie, kosprodukte, en die volledige lêer met inligting oor hoe om na my nuwe baba om te sien. Alles is so mooi uiteengesit en dit maak die proses soveel makliker.

Lady Giselle is nie net pragtig nie, maar ook gesond en vol lewe. Vandag het sy haar nuwe boetie op 'n knop gejaag om te speel, en sy het soos 'n hasie in die langer gras gespring terwyl ek die tuin natspuit. Sy volg my oral en tot my groot ontsteltenis is sy waaghalsig genoeg om sommer die honde trappie tot bo te klim en op die bank te probeer kom. Sy gaan soos haar engel-sussie Bella wees, altyd die hoogste lêplekkie soek.

Ek is so dankbaar vir jou omgee en die liefde wat jy in jou diere belê. Lady Giselle is 'n ware geskenk, en ek kan nie wag om meer herinneringe met haar te maak nie.
Ek sal gereeld fototjies stuur Ouma Marlene sodat jy kan sien hoe pragtig sy word en weereens dankie vir my mooi liefielyf.🌹🌹🌹🐾🐾🐾

Giselle se mamma Stella kom haar môre haal, sy is die fynste ou dingetjie soooo mooi
30/11/2024

Giselle se mamma Stella kom haar môre haal, sy is die fynste ou dingetjie soooo mooi

Chazay se mamma tel al die slapies af die laaste 2 weke en is baie opgewonde vir haar dogtertjie.  Nog net 1 slapie mamm...
28/11/2024

Chazay se mamma tel al die slapies af die laaste 2 weke en is baie opgewonde vir haar dogtertjie. Nog net 1 slapie mamma Retha

Noah is vandag na sy nuwe mamma toe, Issie julle moet hom.erg geniet hy is n regte sweetie pie, n bondeltjie liefde
20/11/2024

Noah is vandag na sy nuwe mamma toe, Issie julle moet hom.erg geniet hy is n regte sweetie pie, n bondeltjie liefde

Address

Witbank
Emalahleni
1035

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27824665383

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Romano’s Yorkies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Romano’s Yorkies:

Share

Category