23/08/2026
☀️🐾 DIE HITTE IS OP PAD! 🐾☀️
Die warm dae loer al om die draai, en ons klein Yorkies gaan ook reggemaak word vir die somer! 💕🐶
Sodra ek hierdie week weer bietjie beter voel, begin ek met my volwasse hondjies se somer-skeer en grooming. ✂️🛁 Hulle gaan korter, netjieser en sommer ekstra oulik wees vir die warm dae wat voorlê. 🥰
Tussendeur sal ek natuurlik ook met van die babas afneem, sodat almal se haartjies en foto’s mooi op datum kan wees. 🐾📸
🌸 Deur die week sal ek ook vir julle nuwe updates en vars foto’s van ons Fairytale-hondjies stuur! 📸💕 Julle kan dus uitsien na baie oulike gesiggies op julle feeds. 🥹🐶
Ek probeer altyd seker maak dat ons Fairytale-hondjies nie net mooi is nie, maar ook gemaklik, gelukkig en koel is wanneer die temperature begin klim. ❤️
💕 Kort haartjies, koel lyfies, vars foto’s en natuurlik… hope Fairytale-liefde! 💕✨
Want ’n Fairytale Yorkie bly ’n Fairytale Yorkie — oulik met of sonder ’n haarsny! 🥹🐾
Dankie dat julle saam met ons elke seisoen deel van die Fairytale is. 🌸🐶💗