23/07/2026
Week 83, Riyadh
Goeie dag almal!
Sjoe dit was WARM hierdie week! Ons het gedraai op 47 grade een dag maar meeste dae was 46 grade, met soms daai warm wind!
Op 'n positiewe noot!
Ek moes weer my Rheumatoloog besoek vir 2 maandelikse opvolg maar ons het besluit om hom by 'n ander hospitaal te besoek wat verder is maar wat deur ons medies gedek word want by die militêre hospitaal moet ons eers betaal en dan terugeis maar dit neem maande en dit het ons nie.
Hy was so lekker verras om ons daar te sien en vol smiles. Hy is baie tevrede dat ek goed op die medisyne reageer en ons bly eers op dieselfde dosis🥳
Hy het ook vir my anti-inflamatoriese meds gegee wat ek elke 2de dag moet drink saam met die stywe brace om te kyk of my ulnar tendon nie wil genees nie. 🙏
Dit is ook nou 10 maande na my voet operasie en dit gaan baie goed soveel so dat ek Dinsdag aand weer in die swembad geklim het💯 Nie veel geswem nie maar sommer klomp van my oefeninge gedoen en gestap in die water, KAALVOET 👏
Ongelukkig ook frustrerende nuus/gebeure. Jan sou gister die verslag vd ongeluk kry sodat die versekering uiteindelik die kar kan laat regmaak
MAAR
Die verkeers polisie het 'n fout gemaak op die dokumentasie en een verkeerde letter vd registrasie nommer verkeerd geskryf so nou moet die hele proses van voor af begin. 😥
Ons bly die positiewe vier en sit die frustrasies agter ons so gou as moontlik. Ons het selfs 'n paar los goed begin verkoop, gee ons die idee van afsluit sonder die haas om dit later te doen.
Verder gaan ons voort met daagliks werk en soms afleiding alhoewel die oorlog nou uitgebrei met die Houthis van Yemen wat nou die Rooi See se straat van Bab al Madeb patrolleer en geen Saudi skepe deurlaat nie.
"The Bab al-Mandeb is a vital global maritime chokepoint separating Yemen on the Arabian Peninsula from Djibouti and Eritrea in the Horn of Africa. It connects the Red Sea to the Gulf of Aden and the Indian Ocean, serving as an essential southern gateway for trade passing to and from the Suez Canal."
Mag die golf lande kalm bly en deur diplomatieke kanale bly kommunikeer want anders is dit werklik oorlog in en om ons🙏
Ek sluit weer nuus in van Saudi vir die interressantheid daarvan.
Ek hoop julle geniet dit.
Liefdegroete van ons 2 hier uit Riyadh, Saudi Arabië 💞
https://www.facebook.com/share/p/1BhBpJHQdE/