Bethal Dierekliniek / Bethal Animal Clinic

Bethal Dierekliniek / Bethal Animal Clinic Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Bethal Dierekliniek / Bethal Animal Clinic, Veterinarian, 12 Stationroad, Bethal.

Baie geluk aan Rex en sy eienaar Juanita Jacobs met hierdie welverdiende wen! 🏆Dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan ...
02/06/2026

Baie geluk aan Rex en sy eienaar Juanita Jacobs met hierdie welverdiende wen! 🏆

Dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan ons Mei Hondemodel-kompetisie. Ons het ongelooflike inskrywings ontvang en dit was beslis nie maklik om 'n wenner te kies nie.

Rex het nie net 'n wonderlike geskenkpak gewen nie, maar ook 'n professionele fotosessie saam met Sproetjies Fotografie. Ons kan nie wag om die foto's te sien nie! 📸

Hou gerus ons blad dop vir toekomstige kompetisies, opwindende nuus en nog geleenthede om saam met ons pret te hê. 🐶

Nogmaals, baie geluk Rex! Jy dra jou titel met trots. 🐾

⚠️DIE PUBLIEK MOET NOU STEM!Bethal Dierekliniek se Hondemodel vir 2026 kompetisie is aan die gang en jou stem kan die we...
25/05/2026

⚠️DIE PUBLIEK MOET NOU STEM!

Bethal Dierekliniek se Hondemodel vir 2026 kompetisie is aan die gang en jou stem kan die wenner help kies!

Onthou: 1 “Like” = 1 Stem

Stem so:
- Like en volg Bethal Dierekliniek / Bethal Animal Clinic se Facebook blad
- Like en volg Sproetjies Fotografie se Facebook blad: https://www.facebook.com/share/1CsUnoPyLM/
- Deel hierdie plasing
- Like jou gunsteling foto
- Deel die plasing met jou vriende en TAG hulle by die foto se kommentaar afdeling.

Die foto met die meeste likes WEN!

Wenner word aangekondig op 2 Junie 2026. 🐾🏆

Wie d**k jy is die 2026 Hondemodel!

25/05/2026

Hou ons blad dop vandag! Ons plaas binnekort die fotos van die hondekompetisie. Baie dankie vir al die mooi fotos en inskrywings! Dankie aan Sproetjies Fotografie wat die wenner se pragtige fotos gaan neem.

Ons weet die fotos moes al die 19de geplaas gewees het, maar ons het besluit om die inskrywings te verleng omrede daar so baie fotos was om te verwerk.

Ons deel die fotos binnekort!

As jou hond of kat moeiliker opstaan, stadiger beweeg, mank loop of minder lus is om te speel, kan gewrigspyn moontlik ’...
21/05/2026

As jou hond of kat moeiliker opstaan, stadiger beweeg, mank loop of minder lus is om te speel, kan gewrigspyn moontlik ’n rol speel.

Koue weer maak artritis en styfheid dikwels meer opvallend, veral by ouer diere.

By Bethal Dierekliniek kan ons help met ’n ondersoek, pynbestuur, laserterapie en ondersteunende produkte soos VetsBrands gewrigsondersteuning.

Moenie wag tot jou dier ongemaklik swaarkry nie.
Bespreek ’n konsultasie en help hulle om weer makliker te beweeg.

🐾 WIE WORD ONS MEI 2026 HONDEMODEL?🐶Jou hond kan die gesig van ons Mei 2026 veldtog wees! Bethal Dierekliniek is op soek...
14/05/2026

🐾 WIE WORD ONS MEI 2026 HONDEMODEL?🐶

Jou hond kan die gesig van ons Mei 2026 veldtog wees! Bethal Dierekliniek is op soek na een spesiale woef om as ons Mei Hondemodel te verskyn.

📸 Hoe om in te skryf:
Stuur ’n duidelike foto van jou hond na Bethal Dierekliniek se WhatsApp nommer.

🗓️ Belangrike datums:
- Foto’s word op ons Facebook-blad gelaai op 19 Mei 2026.
- Die wenner word aangekondig op 29 Mei 2026.

🎁 Prys sluit in:
- ’n Professionele fotosessie saam met Sproetjies Fotografie.
- 10 digitaal geredigeerde foto’s (Fotosessie kan saam met die gesin wees)
- ’n Bethal Dierekliniek geskenkpak
- Afslag op tandskoonmaak

🐶 Oop vir Bethal en omliggende areas.
Kry jou hond reg om te poseer — Mei se top hond kan dalk joune wees!

📲 WhatsApp jou foto na:
066 470 4613

Nog nie jou troeteldier se kos aangevul nie? 🐾 Nou is die perfekte tyd.Met 5% afslag op alle VetsBrands honde en katkos,...
29/04/2026

Nog nie jou troeteldier se kos aangevul nie? 🐾 Nou is die perfekte tyd.

Met 5% afslag op alle VetsBrands honde en katkos, gee jy nie net kos nie, jy gee kwaliteit, gesondheid en daardie ekstra bietjie sorg wat hulle verdien. Hierdie spesiale aanbod is beskikbaar by Bethal Dierekliniek, so kom maak gerus ’n draai.🤩

Maar moenie te lank wag nie… die promosie is net geldig tot 9 Mei! 🐱🐶

13/04/2026

🐾 Ras Kollig: Die unieke Dachshund 🐾

Met hul lang lyfies en kort beentjies is Dachshunds dalk klein van postuur, maar hul geskiedenis is allesbehalwe klein. Hierdie ras is oorspronklik in Duitsland geteel om dassies te jag, selfs diep onder die grond. Hulle naam beteken letterlik “dass hond” en hul dapperheid was nodig om gevaarlike prooi in donker tonnels te kon trotseer. Dis nogal ongelooflik om te d**k dat hierdie oulike honde eintlik gebou is om vreesloos te wees in nou, benoude ruimtes waar min ander honde sou durf ingaan 🐾

Nog ’n interessante feit is dat hul lang lyf en sterk voorpote spesifiek ontwikkel is om te grawe en te veg onder die grond. Hulle moes onafhanklik d**k en vinnig besluite neem, wat vandag nog sigbaar is in hul koppige maar intelligente geaardheid 🐶

Wat persoonlikheid betref is Dachshunds lojaal, waaksaam en vol karakter. Hulle vorm sterk bande met hul mense en kan baie beskermend wees. Hulle is speels en liefdevol, maar ook bekend vir hul bietjie hardkoppige streep wat hulle net nog meer uniek maak 💛

Soos met enige ras is daar ook gesondheidsaspekte om dop te hou. As gevolg van hul lang ruggraat is hulle meer vatbaar vir rugprobleme soos tussenwerwel skyf siekte. Oorgewig en te veel spring kan hierdie risiko verhoog, daarom is dit belangrik om hul gewig en aktiwiteit goed te bestuur ⚠️

Dachshunds kan werklik die hart van ’n gesin wees, hulle mag dalk klein lyk, maar hul persoonlikheid is dubbel so groot soos hul lyfies 🐾

Volg ons vir meer!

Neem asseblief kennis van ons handelsure oor die Paasnaweek en die komende April vakansiedae.🐱🐶Ons wil ook graag vir al ...
01/04/2026

Neem asseblief kennis van ons handelsure oor die Paasnaweek en die komende April vakansiedae.🐱🐶

Ons wil ook graag vir al ons kliënte en hul geliefde diertjies ’n geseënde en vredevolle Paasfees toewens 🐣🤍 Mag hierdie spesiale tyd gevul wees met liefde, hoop en rus.

Baie dankie vir julle vertroue in ons, dit beteken opreg baie vir ons.

Jaarlikse inentings is nie net ’n roetine nie, dit is ’n belangrike deel van jou troeteldier se welstand en langtermyn g...
26/03/2026

Jaarlikse inentings is nie net ’n roetine nie, dit is ’n belangrike deel van jou troeteldier se welstand en langtermyn gesondheid. Deur op datum te bly help jy om onnodige risiko’s en siektes te voorkom.🐱🐶

By Bethal Dierekliniek is ons hier om jou te help met raad, sorg en professionele diens vir jou geliefde diere.

Maak vandag nog seker jou troeteldier is beskerm, kontak ons gerus vir hulp of om ’n afspraak te maak 📞

Breed Spotlight: Afghan Greyhound 🐾 Elegant, proud, and instantly recognisable, the Afghan Greyhound is a breed that nev...
24/02/2026

Breed Spotlight: Afghan Greyhound 🐾

Elegant, proud, and instantly recognisable, the Afghan Greyhound is a breed that never goes unnoticed.

🌟 Introduction
Known for their flowing coat and graceful movement, Afghan Greyhounds combine beauty with strength and independence. They are one of the most ancient dog breeds, carrying a rich history and a very unique personality.

📜 Breed History
The Afghan Greyhound originates from the mountainous regions of Afghanistan, where they were bred thousands of years ago to hunt large prey. Their speed, sharp eyesight, and agility made them exceptional hunters in rough and challenging terrain.

🩺 Health Considerations
Afghan Greyhounds are generally healthy but can be prone to joint problems, bloat, and sensitivities to certain medications. Regular veterinary check-ups, a well-balanced diet, and appropriate exercise are essential for their long-term wellbeing.

❄️ Why They Do Not Like the Cold
Despite their long, luxurious coats, Afghan Greyhounds are sensitive to cold temperatures. Their fur is designed to protect against harsh terrain and sun exposure rather than provide warmth. Their lean bodies and low body fat also make it harder for them to retain heat.

🏡 Ideal Lifestyle
This breed suits a calm, structured home with owners who understand their independent nature. They require daily exercise and secure areas where they can run safely. Afghan Greyhounds do best with gentle, patient handling and a predictable routine.

💛 Personality Traits
Afghan Greyhounds are dignified, loyal, and often reserved around strangers. They form deep bonds with their families and show affection in a quiet, gentle way rather than being overly demanding.

Follow for more breed spotlights and pet care insights 🐾

Address

12 Stationroad
Bethal
2309

Opening Hours

Monday 07:30 - 18:00
Tuesday 07:30 - 18:00
Wednesday 07:30 - 18:00
Thursday 07:30 - 18:00
Friday 07:30 - 18:00
Saturday 08:00 - 11:00
Sunday 17:00 - 18:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bethal Dierekliniek / Bethal Animal Clinic posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bethal Dierekliniek / Bethal Animal Clinic:

Share

Category