Shack to Shelter Animal Welfare

  • Home
  • Shack to Shelter Animal Welfare

Shack to Shelter Animal Welfare Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Shack to Shelter Animal Welfare, Animal shelter, Bongulethu, .

Hulle het nie ’n stem nie,daarom is ons hulle snot en trane,hulle beskermers en hulle hoop.Ons veg elke dag teen verwaarloosing en hongerte om vir hawelose en noodlydende diere ’n tweede kans op lewe te gee.Maar ons kan dit nie alleen doen nie.

27/07/2026
27/07/2026

UIT DIE GEMEENSKAP, VIR DIE GEMEENSKAP: ONS DIERE SE WET EN VOORUITTGANG! 🐾
​As iemand wat self uit hierdie gemeenskap kom, is my hart en passie hier op die grond. Ons is hier om ons diere direk te beskerm, maar ook om ons mense te leer hoe om saam met hul diere te werk.
​Diere is die naaste goed aan 'n mens se hart as jy hulle reg verstaan. Ek weet dat mense soms bang of skrikkerig is vir nuwe dinge of veranderinge, maar ons werk is NIE vir eie gewin of voordeel nie—dit gaan 100% oor die diere se gesondheid en die opvoeding van ons eienaars.
​Ons fokus is duidelik:
​Opvoeding: Leer hoe om jou hond reg te versorg en te verstaan.
​Gesondheid: Om te sorg dat ons diere mediese hulp en liefde kry.
​Sterilisasie: Ons moet ALLE honde laat regmaak/steriliseer sodat ons nie meer nuwe hondjies kry wat in hierdie koue en swaarkry moet grootword nie.
​Kom ons staan saam as 'n gemeenskap, breek die vrees, en bou 'n beter, veiliger omgewing vir ons diere! 🐶❤️🙏

26/07/2026

WHAT do You See?

📢 BELANGRIKE OPDATERING EN GOEIE NUUS OOR BOELIE! 🐾​Ter wille van duidelikheid wil ons net omstellighede rondom die vori...
21/07/2026

📢 BELANGRIKE OPDATERING EN GOEIE NUUS OOR BOELIE! 🐾

​Ter wille van duidelikheid wil ons net omstellighede rondom die vorige plasing regstel: ODIN het geen samewerking, vennootskap of gesamentlike betrokkenheid met ons projek nie.
Ons wil geen verkeerde indruk van affiliasie skep nie en respekteer hul werk as 'n afsonderlike organisasie.

Die belangrikste van alles: Boelie is veilig by Kango Dierekliniek en sy been word vandag geamputeer.

Ons fokus bly 100% op die diere en om 'n verskil in die Kasi te maak. Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het om hierdie mediese sorg moontlik te maak! 🙏❤️

N GROOT DANKIE! 🐾❤️​Wil net uit my hart uit baie dankie sê vir Colleen van ODIN wat uitgekom het om hierdie pragtige hon...
20/07/2026

N GROOT DANKIE! 🐾❤️
​Wil net uit my hart uit baie dankie sê vir Colleen van ODIN wat uitgekom het om hierdie pragtige hondjie op te tel.
​Dis wonderlik om te weet daar is mense wat omgee en wat bereid is om 'n hand uit te reik om ons diere te help. Waardeer julle ongelooflike werk en toewyding in ons gemeenskap so baie! 🙏✨

Ek hoop regtig ons kan in die toekoms nog baie meer saamwerk vir ons diere! 🐾❤️ Wanneer ons hande vat, maak ons 'n wesenlike verskil in ons gemeenskap."

19/07/2026

🚨 BITTER DRINGEND: ONS HET NOG NET TOT MÔRE OM SY LEWE TE RED! 🐾😭💔
​Hierdie is 'n ander hondjie as die een wat raakgery is. Ons was Vrydag saam met hom by die veearts, maar soos julle op die video (VID-20260719-WA0008.mp4) kan sien, wys hy steeds hierdie erge lompheid en kan hy nie regop kom nie.
​Die dokter het vir ons die harde realiteit gegee: as daar teen môre geen verbetering is nie, sal die groot besluit gemaak moet word om hom aan die slaap te maak. MAAR daar is hoop! Die dokter het ook gesê as ons hom deurvat George toe na die spesialiste toe, sal hy dit sekerlik kan oorleef! As iemand van die Kasi af is my hele hart en passie daarop gerig om 'n verskil te maak en lewens te red. Ek kan nie net toekyk hoe hy opgee as daar 'n kans in George is nie! Ons veg nou letterlik teen die horlosie om hom daar te kry.
​Hoe jy nou KAN help om sy lewe te red:
​🚗 Vervoer/Brandstof: Ons moet hom dringend in George kry. As iemand kan help met vervoer of brandstofgeld vir die rit, laat weet my asseblief dadelik!
​💰 Mediese Bydraes: Enige hulp met sy rekening by Kango Dierekliniek (vir sy behandelings tot dusver) of vir die kliniek in George sal 'n lewensreddende verskil maak.
​📢 Deel asseblief hierdie plasing uiters wyd! Kontak my asseblief dadelik via inbox of los 'n boodskap onderaan. Kom ons staan saam en gee vir hierdie pragtige seuntjie sy kans om te lewe! 🙏🐾❤️

19/07/2026

Help even food will help

19/07/2026

🚨 DRINGENDE HULP NODIG: HONDJIE RAAKGERY EN IN ERNSTIGE PYN! 🐾💔
​Ek vra asseblief julle hulp vir 'n hondjie wat dringend mediese sorg nodig het. Hy is verlede week Vrydag raakgery en leef nou al 'n hele week lank in verskriklike pyn met sy beseerde been.
​As iemand van die Kasi af is my hart bitter seer vir ons diere, en ek probeer my bes om 'n verskil te maak, maar hierdie mediese koste kan ek nie alleen dra nie. Die hondjie het dringend professionele hulp nodig om sy been te red en sy pyn te verlig.

Kyk na sy foto: KAN NA DIE VIDEO hy kan nie meer so ly nie.

​Hoe jy kan help:
Ons het 'n rekening oopgemaak by Kango Dierekliniek in Oudtshoorn. As jy dit in jou hart het om selfs net 'n klein bydrae te maak, asseblief:
​Skenk direk op die rekening by die kliniek.
​Kontak my direk vir die korrekte verwysingsnommer of kliniekbesonderhede.
​Geen bedrag is te klein nie. Kom ons staan asseblief saam om hierdie pragtige siel te help sodat hy die nodige behandeling kan kry en nie meer hoef te ly nie. 🙏😭❤️

076 910 3616

Address

Bongulethu

6620

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Shack to Shelter Animal Welfare posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

  • Want your business to be the top-listed Pet Store/pet Service?

Share